Fw: (14) As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge daarvan sterwe.
| From: | Hendrik | Date: | Wed, 29 Oct 2008 04:51:28 +0000 |
| Subject: | Fw: (14) As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge daarvan sterwe. | ||
| Groups: | php.webmaster | ||
| Request: | Send a blank email to php-webmaster+get-2910@lists.php.net to get a copy of this message | ||
Geagte Vriend.
Dinsdag, Oktober 14, 2008
As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge daarvan sterwe.
Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
Ese 33:18 As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge
daarvan sterwe.
Ese 33:12 En jy, mensekind, sê aan die kinders van jou volk: Die geregtigheid van die regverdige
sal hom nie red op die dag van sy oortreding nie; en aangaande die goddeloosheid van die goddelose,
hy sal daardeur nie struikel op die dag as hy hom van sy goddeloosheid bekeer nie; en die regverdige
sal deur sy geregtigheid nie kan lewe op die dag as hy sondig nie.
Ese 33:13 As Ek aan die regverdige sê dat hy sekerlik sal lewe, en hy vertrou op sy geregtigheid
en doen onreg, dan sal aan al sy geregtighede nie gedink word nie, maar deur sy onreg wat hy doen,
daardeur sal hy sterwe.
Ese 18:26 As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sterf hy ten gevolge
daarvan; deur sy onreg wat hy gedoen het, sterf hy.
Ese 18:27 En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en
geregtigheid doen-hy sal sy siel in die lewe behou;
2Pet 2:20 Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus,
die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en
oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.
2Pet 2:21 Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het
nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle
oorgelewer is.
2Pet 2:22 Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie
uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.
Heb 10:38 Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen
welbehae in hom nie.
Amen
Hab 2:4 Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal
hy lewe.
Waarheid uit die Woord van die HERE (1953)
Van n seun van die HERE
Hendrik van den Berg
Fraai Uitsig
Posbus 2127
Mosselbaai.
6500.
---