Fw: (11) (Deel Twee) Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes, om te
bou en te plant.
| From: | Hendrik | Date: | Wed, 29 Oct 2008 04:50:59 +0000 |
| Subject: | Fw: (11) (Deel Twee) Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes, om te bou en te plant. |
||
| Groups: | php.webmaster | ||
| Request: | Send a blank email to php-webmaster+get-2912@lists.php.net to get a copy of this message | ||
Geagte Vriend. (Deel
Twee) Dinsdag,
Oktober 14, 2008
19:20:42
Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te
vernietig en te verwoes, om te bou en te plant.
Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
Jer 50:1 Die woord wat die HERE deur die profeet Jeremia gespreek het oor Babel, oor die land van
die Chaldeërs.
Jer 50:2 Verkondig onder die nasies en laat hoor, en steek 'n banier op, laat hoor; verberg
dit nie; sê: Babel is ingeneem, Bel staan beskaamd, Meródag is verskrik; sy afgode staan beskaamd,
sy drekgode is verskrik.
Jer 50:3 Want 'n volk trek teen hom op uit die Noorde; dit sal sy land 'n woesteny maak,
sodat daar geen inwoner in is nie; mense sowel as diere het gevlug, weggetrek.
Jer 50:4 In dié dae en in dié tyd, spreek die HERE, sal die kinders van Israel kom, hulle met
die kinders van Juda saam; onder geween sal hulle voorttrek en die HERE hulle God soek.
Jer 50:5 Hulle sal na Sion vra; op die pad hierheen sal hulle aangesig gerig wees; hulle sal kom
en by die HERE aansluit in 'n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.
Jer 50:6 'n Kudde verlore skape was my volk; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle
weggevoer na die berge toe; hulle het gegaan van berg na heuwel, hulle het hul lêplek vergeet.
Jer 50:7 Almal wat hulle kry, het hulle opgeëet; en hulle teëstanders het gesê: Ons maak ons
nie skuldig nie, omdat hulle gesondig het teen die HERE, die Woning van geregtigheid en die
Verwagting van hulle vaders, die HERE.
Jer 50:8 Vlug uit Babel, en gaan uit die land van die Chaldeërs, en wees soos bokke voor die trop
kleinvee uit!
Jer 50:9 Want kyk, Ek verwek en laat teen Babel optrek 'n menigte van groot nasies uit die
Noordland; dié sal hulle teen hom opstel-daarvandaan sal hy ingeneem word; hulle pyle sal wees soos
dié van 'n voorspoedige held wat nie met leë hande terugkom nie.
Jer 50:10 En Chaldéa sal 'n buit word; almal wat hom beroof, sal versadig word; spreek die
HERE.
Jer 50:11 Al is julle verheug, al jubel julle, plunderaars van my erfenis, al huppel julle soos
'n vers wat graan dors, en runnik julle soos die hingste-
Jer 50:12 julle moeder staan grootliks beskaamd; sy wat julle gebaar het, is rooi van skaamte.
Kyk, sy is die agterste van die nasies, 'n woestyn, 'n dor land en 'n wildernis.
Jer 50:13 Weens die toorn van die HERE sal dit nie bewoon word nie, maar geheel en al 'n
wildernis wees; elkeen wat by Babel verbygaan, sal verbaas wees en spot oor al sy plae.
Jer 50:14 Stel julle op teen Babel rondom, julle almal wat die boog span! Beskiet hom, spaar die
pyle nie! Want hy het teen die HERE gesondig.
Jer 50:15 Juig oor hom rondom-hy het hom oorgegee, sy pilare het geval, sy mure is afgebreek; want
dit is die wraak van die HERE; wreek julle op hom, doen aan hom soos hy gedoen het!
Jer 50:16 Roei uit Babel uit die saaier en die wat die sekel hanteer in die oestyd; laat hulle
vanweë die verdrukkende swaard elkeen na sy volk omdraai en elkeen na sy land vlug!
Jer 50:17 Israel is 'n rondgejaagde skaap wat die leeus weggedrywe het; eers het die koning
van Assur hom opgeëet, en nou ten laaste het Nebukadrésar, die koning van Babel, sy gebeente
afgeknaag.
Jer 50:18 Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek doen besoeking
oor die koning van Babel en oor sy land, soos Ek besoeking gedoen het oor die koning van Assur.
Jer 50:19 En Ek sal Israel na sy weiveld terugbring, en hy sal wei op Karmel en in Basan; en sy
siel sal op die gebergte van Efraim en in Gílead versadig word.
Jer 50:20 In dié dae en in dié tyd, spreek die HERE, sal die ongeregtigheid van Israel gesoek
word, maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda, maar hulle sal nie gevind word nie;
want Ek sal vergifnis skenk aan diegene wat Ek laat oorbly.
Jer 50:21 Teen die land Meratáim, trek daarteen op en teen die inwoners van Pekod! Verwoes en
tref met die banvloek agter hulle, spreek die HERE, en doen net soos Ek jou beveel het.
Jer 50:22 Daar is oorlogsgeskreeu in die land en 'n groot verbreking.
Jer 50:23 Hoe is die hamer van die hele aarde afgekap en verbreek! Hoe het Babel geword 'n
voorwerp van verbasing onder die nasies!
Jer 50:24 Ek het vir jou 'n strik gespan, en jy is ook gevang, o Babel, sonder dat jy dit
geweet het; jy is betrap en ook gegryp, omdat jy jou teen die HERE in die stryd begeef het.
Jer 50:25 Die HERE het sy skatkamer oopgemaak en die werktuie van sy grimmigheid uitgebring; want
'n werk is dit wat die Here HERE van die leërskare te doen het in die land van die Chaldeërs.
Jer 50:26 Kom aan teen hom van alle kante, maak oop sy voorraadskure, stapel hom op soos
koringmiede, en tref hom met die banvloek! Hy moet geen oorblyfsel hê nie.
Jer 50:27 Slaan dood al sy jong stiere, laat hulle afgaan om geslag te word. Wee hulle, want hulle
dag het gekom, die tyd van hulle besoeking.
Jer 50:28 Hoor! Vlugtelinge en mense wat vrygeraak het uit die land van Babel, om in Sion te
verkondig die wraak van die HERE onse God, die wraak van sy tempel.
Jer 50:29 Roep teen Babel skutters op, almal wat die boog span; slaan laer op rondom teen hom,
laat daar geen ontkoming wees nie! Vergeld hom na sy werk, doen met hom net soos hy gedoen het, want
hy was vermetel teen die HERE, teen die Heilige van Israel.
Jer 50:30 Daarom sal sy jongmanne val op sy pleine en al sy krygsmanne in dié dag omkom, spreek
die HERE.
Jer 50:31 Kyk, Ek het dit teen jou, o vermetele, spreek die Here HERE van die leërskare; want jou
dag het gekom, die tyd dat Ek oor jou besoeking sal doen.
Jer 50:32 Dan sal die vermetele struikel en val, en daar sal niemand wees wat hom optel nie; en Ek
sal 'n vuur aansteek in sy stede, en dit sal sy hele omgewing verteer.
Jer 50:33 So sê die HERE van die leërskare: Die kinders van Israel en die kinders van Juda is
saam verdruk; en almal wat hulle as gevangenes weggevoer het, hou hulle vas, weier om hulle te laat
trek.
Jer 50:34 Maar hulle Verlosser is sterk, HERE van die leërskare is sy Naam; Hy sal hulle saak
sekerlik verdedig, om die aarde rus te gee en die inwoners van Babel in onrus te bring.
Jer 50:35 Die swaard oor die Chaldeërs, spreek die HERE, en oor die inwoners van Babel en oor sy
vorste en oor sy wyse manne!
Jer 50:36 Die swaard oor die grootpraters, dat hulle dwaas kan word! Die swaard oor sy helde, dat
hulle verskrik kan word!
Jer 50:37 Die swaard oor sy perde en sy strydwaens en oor die hele gemengde bevolking wat daar
binne-in is, dat hulle vroue kan word! Die swaard oor sy skatte, dat hulle geplunder kan word!
Jer 50:38 Droogte oor sy waters, dat hulle kan uitdroog! Want dit is 'n land van gesnede
beelde, en deur die skrikgestaltes is hulle waansinnig.
Jer 50:39 Daarom sal daar boskatte saam met wildehonde bly; ook sal daar volstruise in bly;
'n mens sal daar in ewigheid nie meer bly nie, en dit sal nie bewoon word van geslag tot geslag
nie.
Jer 50:40 Soos God Sodom en Gomorra met hulle bure omgekeer het, spreek die HERE, sal daar niemand
woon nie, en geen mensekind daar vertoef nie.
Jer 50:41 Kyk, daar kom 'n volk uit die Noorde, en 'n groot nasie en magtige konings
word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.
Jer 50:42 Boog en lans hanteer hulle; hulle is wreed en sonder barmhartigheid; hulle geluid bruis
soos die see, en hulle ry op perde, gewapend soos 'n man vir die oorlog, teen jou, o dogter van
Babel!
Jer 50:43 Die koning van Babel het die gerug van hulle gehoor, en sy hande het slap geword;
benoudheid het hom aangegryp, smart soos van een wat baar.
Jer 50:44 Kyk, soos 'n leeu uit die pronkbosse van die Jordaan sal daar een optrek teen die
vaste woning; want in 'n oomblik sal Ek hulle daaruit wegjaag, en hom wat uitgekies is, sal Ek
daaroor aanstel. Want wie is soos Ek? En wie sal My dagvaar? En wie is tog 'n herder wat voor
my aangesig kan standhou?
Jer 50:45 Daarom, hoor die raadsbesluit van die HERE wat Hy teen Babel geneem en sy planne wat Hy
teen die land van die Chaldeërs beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep
word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.
Jer 50:46 Van die tyding: Babel is ingeneem! bewe die aarde, en geskreeu word onder die nasies
gehoor.
Jer 51:1 So sê die HERE: Kyk, Ek wek op teen Babel en teen die inwoners van "die Hart van my
Teëstanders" die gees van 'n verwoester.
Jer 51:2 En Ek sal vir Babel wanners stuur wat hom sal uitwan en sy land leegskud; want hulle lê
rondom teen hom op die dag van onheil.
Jer 51:3 Laat die skutter sy boog span teen hom wat span, en teen die een wat hom in sy pantser
verhef; en spaar sy jongmanne nie, tref sy ganse leër met die banvloek!
Jer 51:4 So sal daar dan gesneuweldes val in die land van die Chaldeërs en die wat deurboor is,
op sy strate.
Jer 51:5 Want Israel en Juda is nie in weduweeskap gelaat deur hulle God, deur die HERE van die
leërskare nie, al was hulle land vol skuld voor die Heilige van Israel.
Jer 51:6 Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; want dit
is die tyd van wraak vir die HERE: Hy gee hom sy verdiende loon.
Jer 51:7 Babel was in die hand van die HERE 'n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak
het; die nasies het van sy wyn gedrink; daarom het die nasies rasend geword.
Jer 51:8 Skielik het Babel geval en is verbreek. Huil oor hom; gaan haal balsem vir sy pyn!
Miskien sal hy gesond word.
Jer 51:9 Ons het aan Babel medisyne gegee, maar hy het nie gesond geword nie; verlaat hom en laat
ons trek, elkeen na sy land; want sy strafgerig raak tot aan die hemel en verhef hom tot by die
wolke.
Jer 51:10 Die HERE het ons geregtighede te voorskyn gebring; kom en laat ons in Sion vertel die
werk van die HERE onse God!
Jer 51:11 Maak skerp die pyle, vat die skilde! Die HERE het die gees van die konings van Médië
opgewek; want sy voorneme is teen Babel om hom te verwoes; want dit is die wraak van die HERE, die
wraak van sy tempel.
Jer 51:12 Hef 'n banier op teen die mure van Babel, versterk die wagposte, sit wagte uit, hou
hinderlae klaar; want soos die HERE Hom voorgeneem het, so het Hy gedoen wat Hy oor die inwoners van
Babel gespreek het.
Jer 51:13 Jy wat by die groot waters woon, wat skatryk is, jou einde het gekom, die maat waarop jy
afgesny word.
Jer 51:14 Die HERE van die leërskare het by Homself gesweer: Al het Ek jou vol mense gemaak soos
sprinkane, tog sal hulle oor jou 'n vreugdegeroep aanhef.
Jer 51:15 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die
hemel uitgespan het deur sy verstand-
Jer 51:16 as Hy sy stem laat hoor, is daar 'n geruis van waters in die hemel; en Hy laat
dampe opgaan van die einde van die aarde; Hy maak bliksems vir die reën en laat die wind uitgaan
uit sy voorraadskure.
Jer 51:17 Elke mens word dom, sonder kennis; elke goudsmid staan beskaamd deur die beeld; want sy
gegote beeld is 'n leuen, en daar is geen gees in hulle nie.
Jer 51:18 Nietige afgode is hulle, werk vir spotterny; in die tyd van hulle besoeking gaan hulle
tot niet.
Jer 51:19 Jakob se deel is nie soos hulle nie; want Hy is die Formeerder van alles, en Israel is
die stam van sy erfenis; HERE van die leërskare is sy Naam.
Jer 51:20 Jy is vir My 'n hamer en oorlogswapens; en met jou verbrysel Ek nasies, en met jou
verwoes Ek koninkryke.
Jer 51:21 En met jou verbrysel Ek die perd en sy ruiter; en met jou verbrysel Ek die strydwa en
die wat daarop ry.
Jer 51:22 En Met jou verbrysel Ek man en vrou; en met jou verbrysel Ek grysaard en seun; en met
jou verbrysel Ek die jongman en die jongedogter.
Jer 51:23 En met jou verbrysel Ek die herder en sy trop vee; en met jou verbrysel Ek die landbouer
en sy twee osse; en met jou verbrysel Ek goewerneurs en owerstes.
Jer 51:24 Maar Ek sal voor julle oë aan Babel en aan al die inwoners van Chaldéa vergelde al
hulle kwaad wat hulle in Sion gedoen het, spreek die HERE.
Jer 51:25 Kyk, Ek het dit teen jou, o berg wat verwoes, spreek die HERE; jy wat die hele aarde
verwoes. En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou van die rotse afrol en sal jou maak 'n
afgebrande berg.
Jer 51:26 En hulle sal uit jou geen klip neem vir 'n hoek of 'n klip vir fondamente nie;
want jy sal ewige wildernisse wees, spreek die HERE.
Jer 51:27 Hef 'n banier op oor die aarde, blaas die basuin onder die nasies, heilig nasies
teen hom, roep teen hom op die koninkryke van Ararat, Minni en Askenas, stel 'n kommandant teen
hom aan, laat perde optrek soos stekerige sprinkane!
Jer 51:28 Heilig nasies teen hom, die konings van Médië, die goewerneurs en al die owerstes
daarvan, ja, die hele land van sy heerskappy.
Jer 51:29 Dan bewe die aarde en krimp inmekaar; want die gedagtes van die HERE kom tot stand teen
Babel, om die land van Babel 'n woesteny te maak, sonder inwoner.
Jer 51:30 Die helde van Babel het opgehou om te veg, hulle het gebly in die bergvestings; hulle
mag het verdwyn, hulle het vroue geword. Hulle het sy wonings aan die brand gesteek, sy grendels is
verbreek.
Jer 51:31 Die een loper hardloop die ander tegemoet en die een boodskapper die ander, om aan die
koning van Babel bekend te maak dat sy stad van alle kante ingeneem is;
Jer 51:32 en dat die driwwe beset is, en hulle die rietvleie met vuur verbrand het, en die
krygsmanne verskrik is.
Jer 51:33 Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Die dogter van Babel is
soos 'n dorsvloer in die tyd as dit vasgetrap word; nog 'n kort rukkie, dan kom die oestyd
vir hom.
Jer 51:34 Nebukadrésar, die koning van Babel, het my opgeëet, my vernietig; hy het my neergesit
soos 'n leë skottel; hy het my verslind soos 'n draak; hy het sy buik met my lekkernye
gevul; hy het my weggestoot.
Jer 51:35 Laat die inwoners van Sion sê: Die geweld en die verminking wat my aangedoen is, is op
Babel! En laat Jerusalem sê: My bloed is op die inwoners van Chaldéa!
Jer 51:36 Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek verdedig jou saak en sal vir jou wraak neem; en Ek sal
sy see droogmaak en sy fontein laat opdroë.
Jer 51:37 En Babel sal kliphope word, 'n lêplek van jakkalse, 'n voorwerp van verbasing
en bespotting, sonder inwoner.
Jer 51:38 Almal saam brul hulle soos jong leeus, brom soos klein leeutjies.
Jer 51:39 As hulle verhit is, berei Ek hulle maaltyd en maak hulle dronk, sodat hulle uitgelate
word en 'n ewige slaap kan slaap en nie wakker word nie, spreek die HERE.
Jer 51:40 Ek sal hulle afbring soos lammers om geslag te word, soos ramme saam met bokke.
Jer 51:41 Hoe is Sesag ingeneem en die roem van die hele aarde verower! Hoe het Babel 'n
voorwerp van verbasing geword onder die nasies!
Jer 51:42 Die see het oor Babel opgerys, deur die gebruis van sy golwe is hy oordek.
Jer 51:43 Sy stede het 'n woesteny geword, 'n dor land en 'n wildernis; 'n
land waar niemand in woon nie, en waar geen mensekind deurtrek nie.
Jer 51:44 En Ek sal besoeking doen oor Bel in Babel en uit sy mond uithaal wat hy verslind het; en
geen nasies sal meer na hom toestroom nie. Ook val die muur van Babel.
Jer 51:45 Gaan uit hom uit, my volk, en red elkeen sy lewe van die toorngloed van die HERE!
Jer 51:46 En laat julle hart nie week wees, sodat julle bevrees word by die tyding wat in die land
gehoor word nie, as daar 'n tyding kom in die een jaar, en daarna 'n tyding in die ander
jaar, en daar geweld is in die land, heerser teen heerser.
Jer 51:47 Daarom, kyk, daar kom dae dat Ek besoeking sal doen oor die gesnede beelde van Babel; en
sy hele land sal beskaamd staan, en al sy gesneuweldes sal daarin val.
Jer 51:48 Dan sal oor Babel juig hemel en aarde en alles wat daarin is; want uit die noorde kom
die verwoesters oor hom, spreek die HERE.
Jer 51:49 Ook Babel moet val, o gesneuweldes van Israel, soos ook vir Babel geval het die
gesneuweldes van die hele aarde.
Jer 51:50 Vrygeraaktes van die swaard, gaan weg, bly nie staan nie, dink aan die HERE uit die
verte, en laat Jerusalem in julle hart opkom!
Jer 51:51 Ons staan beskaamd, want ons het smaadwoorde gehoor, skande het ons aangesig bedek; want
vreemdes het gekom oor die heiligdomme van die huis van die HERE.
Jer 51:52 Daarom kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor sy gesnede
beelde; en die gewondes sal kerm in sy hele land.
Jer 51:53 Al sou Babel in die hemel opklim, en al sou hy die hoogte van sy vesting versterk-van My
af sal verwoesters oor hom kom, spreek die HERE.
Jer 51:54 Hoor! Geskreeu uit Babel en groot verbreking uit die land van die Chaldeërs;
Jer 51:55 want die HERE verwoes Babel en sal uit hom die groot geraas laat verdwyn; en hulle golwe
sal bruis soos groot waters, die gedruis van hulle geluid sal weergalm.
Jer 51:56 Want 'n verwoester oorval hom, oorval Babel, en sy helde word gevang, hulle boë
word stukkend gebreek; want 'n God van vergelding is die HERE; Hy sal gewis vergelde.
Jer 51:57 En Ek sal sy vorste en sy wyse manne, sy goewerneurs en sy owerstes en sy helde dronk
maak; en hulle sal slaap 'n ewige slaap en nie wakker word nie, spreek die Koning wie se Naam
is HERE van die leërskare.
Jer 51:58 So sê die HERE van die leërskare: Die breë muur van Babel sal tot op die grond toe
afgebreek en sy hoë poorte sal met vuur verbrand word, sodat volke vir niks gearbei het en nasies
vir die vuur; en hulle sal afgemat wees.
Jer 51:59 Die woord waarmee die profeet Jeremia bevel gegee het aan Serája, die seun van Nería,
die seun van Magséja, toe hy saam met Sedekía, die koning van Juda, na Babel getrek het, in die
vierde jaar van sy regering. En Serája was laerkommandant.
Jer 51:60 En Jeremia het in 'n boek geskrywe al die onheil wat oor Babel sou kom, al hierdie
woorde wat oor Babel geskrywe is.
Jer 51:61 En Jeremia het vir Serája gesê: As jy in Babel kom, dink daaraan en lees al hierdie
woorde;
Jer 51:62 en sê: o HERE, U het oor hierdie plek gespreek om dit uit te roei, sodat daar geen
inwoner, mens sowel as dier, sal wees nie, maar dat dit ewige wildernisse sal wees.
Jer 51:63 En as jy hierdie boek klaar gelees het, moet jy 'n klip daaraan vasmaak en dit
binne-in die Eufraat gooi
Jer 51:64 en sê: So sal Babel sink en nie weer opkom nie weens die onheil wat Ek oor hom bring;
en hulle sal afgemat wees. Tot sover die woorde van Jeremia.
1Kon 17:1 En Elía, die Tisbiet, uit Tisbe in Gílead, het vir Agab gesê: So waar as die HERE,
die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare
wees nie, behalwe op my woord!
Ope 11:3 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en
sestig dae lank sal profeteer.
Ope 11:4 Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.
Ope 11:5 En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande;
en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.
Ope 11:6 Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën
val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met
allerhande plae so dikwels as hulle wil.
Jer 18:7 In een oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk om dit uit te ruk
en om te gooi en te vernietig;
Jer 18:8 maar as dié nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou
hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen.
Jer 18:9 En in 'n ander oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk om
dit te bou en te plant;
1Kon 19:17 En die een wat van die swaard van Hásael vryraak, hom sal Jehu doodmaak; en wat van
die swaard van Jehu vryraak, hom sal Elísa doodmaak.
Ese 32:18 Mensekind, weeklaag oor die menigte van Egipte, en laat hulle neerdaal (hy met die
dogters van geweldige nasies) in die onderste plekke van die aarde, by die wat in die kuil
neergedaal het.
Ese 43:3 En die gesig wat ek gesien het, het gelyk soos die gesig wat ek gesien het by my koms om
die stad te verwoes; en dit was gesigte soos die gesig wat ek gesien het by die Kebarrivier; en ek
het op my aangesig geval.
Amo 3:7 Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete,
geopenbaar het nie.
Sag 1:6 Maar my woorde en my insettinge wat Ek my knegte, die profete, beveel het, het dit julle
vaders nie ingehaal nie, sodat hulle tot inkeer gekom en gesê het: Soos die HERE van die leërskare
Hom voorgeneem het om aan ons te doen ooreenkomstig ons weë en ons werke, so het Hy met ons gedoen?
2Kor 10:4 want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings
neer te werp,
2Kor 10:5 terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en
elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,
Ope 19:19 En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om
oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.
Ope 19:20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy
teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy
beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.
Ope 19:21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit;
en al die voëls is versadig van hulle vlees.
Jer 18:9 En in 'n ander oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk om
dit te bou en te plant;
Jer 24:6 en Ek sal my oog op hulle slaan ten goede en hulle terugbring in hierdie land; en Ek sal
hulle bou en nie afbreek nie, en hulle plant en nie uitruk nie.
Jer 31:4 Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Jy sal jou weer versier
met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers.
Jer 31:5 Jy sal weer wingerde plant op die berge van Samaría; die planters sal plant en die
vrugte geniet.
Jer 31:28 En soos Ek oor hulle wakker was om uit te ruk en om te gooi en te verwoes en te
vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle wakker wees om te bou en te plant, spreek die
HERE.
Jes 44:26 wat die woord van sy kneg vervul en die voorsegging van sy boodskappers volbring; wat
van Jerusalem sê: Dit moet bewoon word; en van die stede van Juda: Hulle moet herbou word, en Ek
sal sy puinhope oprig;
Jes 44:27 wat vir die diepte sê: Verdroog! en jou riviere sal Ek laat verdroog;
Jes 44:28 wat van Kores sê: Hy is my herder, en hy sal alles volbring wat My behaag deurdat hy
van Jerusalem sê: Dit moet gebou word, en die tempel moet gegrond word.
Ese 36:36 Dan sal die nasies weet wat rondom julle oorgebly het, dat Ek, die HERE, opgebou het wat
afgebreek was, beplant het wat verwoes was; Ek, die HERE, het dit gespreek en sal dit doen.
Amo 9:11 In dié dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en
sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd;
Amen
Waarheid uit die Woord van die HERE (1953)
Van n seun van die HERE
Hendrik van den Berg
Fraai Uitsig
Posbus 2127
Mosselbaai.
6500.
---