FW: (9) Die HERE van die leërskare-Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees!
| From: | Hendrik | Date: | Wed, 29 Oct 2008 04:49:45 +0000 |
| Subject: | FW: (9) Die HERE van die leërskare-Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees! | ||
| Groups: | php.webmaster | ||
| Request: | Send a blank email to php-webmaster+get-2922@lists.php.net to get a copy of this message | ||
Geagte Vriend.
Sondag, Oktober 12, 2008
09:40:42
Die HERE van die leërskare-Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking
wees!
Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
Jes 8:13 Die HERE van die leërskare-Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle
verskrikking wees!
Jes 26:3 U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.
Jes 26:4 Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is 'n ewige rots.
(Isa 26:4 Trust ye in the LORD for ever: for in the LORD JEHOVAH is everlasting strength:)
Lev 10:3 Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat
naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My
verheerlik. Maar Aäron het stilgebly.
Num 20:12 Toe sê die HERE vir Moses en Aäron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë
van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land
inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.
Num 20:13 Dit is die waters van Mériba waar die kinders van Israel met die HERE getwis het en Hy
Hom onder hulle as die Heilige laat ken het.
Num 27:14 omdat julle in die woestyn Sin, toe die vergadering getwis het, teen my bevel
wederstrewig gewees het om My by die water voor hulle oë te heilig. Dit is die water van Mériba by
Kades, in die woestyn Sin.
Rom 4:20 En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk
deur die geloof en het aan God die eer gegee
Gen 31:53 Die God van Abraham en die God van Nahor, die God van hulle vader, sal regter tussen ons
wees. En Jakob het gesweer by die Vrees van sy vader Isak.
Psa 76:8 U, vreeslik is U, en wie kan voor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het?
Mal 2:5 My verbond met hom was die lewe en die vrede; en Ek het dié aan hom gegee tot vrees; en
hy het My gevrees en vir my Naam gebewe.
Mat 10:28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie;
maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
Luk 12:5 maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by
magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!
Ope 15:4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig;
want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.
Amen
Eks 15:14 Die volke het dit gehoor, hulle het gesidder; weë het die inwoners van Filistéa
aangegryp.
Waarheid uit die Woord van die HERE (1953)
Van n seun van die HERE
Hendrik van den Berg
Fraai Uitsig
Posbus 2127
Mosselbaai.
6500.
---