Fw: (11) (Deel Een) Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes, om te
bou en te plant.
| From: | Hendrik | Date: | Wed, 29 Oct 2008 04:50:31 +0000 |
| Subject: | Fw: (11) (Deel Een) Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes, om te bou en te plant. |
||
| Groups: | php.webmaster | ||
| Request: | Send a blank email to php-webmaster+get-2924@lists.php.net to get a copy of this message | ||
Geagte Vriend.
(Deel Een) Dinsdag,
Oktober 14, 2008
17:20:42
Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te
vernietig en te verwoes, om te bou en te plant.
Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
Jer 1:10 Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te
gooi en te vernietig en te verwoes, om te bou en te plant.
Jer 25:15 Want so het die HERE, die God van Israel, vir my gesê: Neem hierdie beker van die wyn
van grimmigheid uit my hand en gee dit om te drink aan al die nasies na wie Ek jou stuur,
Jer 25:16 dat hulle kan drink en waggel en rasend word weens die swaard wat Ek onder hulle stuur.
Jer 25:17 En ek het die beker uit die hand van die HERE geneem en al die volke laat drink na wie
die HERE my gestuur het;
Jer 25:18 naamlik Jerusalem en die stede van Juda en sy konings en sy vorste, om hulle te maak
'n puinhoop, 'n voorwerp van verbasing, van bespotting en van vervloeking soos dit vandag
is;
Jer 25:19 Farao, die koning van Egipte, en sy dienaars en sy vorste en sy hele volk;
Jer 25:20 en die hele gemengde bevolking en al die konings van die land Us; en al die konings van
die land van die Filistyne, en Askelon en Gasa en Ekron en die oorblyfsel van Asdod;
Jer 25:21 Edom en Moab en die kinders van Ammon;
Jer 25:22 en al die konings van Tirus en al die konings van Sidon en al die konings van die
kusland wat oorkant die see is;
Jer 25:23 Dedan en Tema en Bus en almal wat die rand van hulle hare wegskeer;
Jer 25:24 en al die konings van Arabië en al die konings van die gemengde bevolking wat in die
woestyn woon;
Jer 25:25 en al die konings van Simri en al die konings van Elam en al die konings van Médië;
Jer 25:26 en al die konings van die Noorde wat naby en ver is, die een ná die ander; ja, al die
koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is. En die koning van Sesag sal ná hulle drink.
Jer 25:27 En jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel:
Drink en word dronk en spuug en val neer en staan nie weer op nie weens die swaard wat Ek onder
julle stuur.
Jer 27:2 So het die HERE vir my gesê: Maak vir jou stroppe en jukke, en sit dit op jou nek;
Jer 27:3 en stuur dit na die koning van Edom en na die koning van Moab en na die koning van die
kinders van Ammon en na die koning van Tirus en na die koning van Sidon deur middel van die gesante
wat in Jerusalem gekom het na Sedekía, die koning van Juda;
Jer 27:4 en gee hulle opdrag aan hul gebieders, met die woorde: So spreek die HERE van die
leërskare, die God van Israel: So moet julle aan jul gebieders sê:
Jer 27:5 Ek het die aarde, die mens en die diere wat op die aarde is, gemaak deur my grote krag en
deur my uitgestrekte arm, en Ek gee dit aan wie dit reg is in my oë.
Jer 27:6 En nou het Ék al hierdie lande gegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van
Babel, my dienaar; ja, selfs die wilde diere van die veld het Ek aan hom gegee om hom te dien.
Jer 27:7 En al die nasies sal hom dien en sy seun en sy seun se seun, totdat die tyd van sy land
ook kom, dat dit diensbaar gemaak sal word deur magtige nasies en groot konings.
Jer 46:1 Die woord van die HERE wat aangaande die volke tot die profeet Jeremia gekom het.
Jer 46:2 Oor Egipte. Oor die leër van Farao Nego, die koning van Egipte, wat by die Eufraatrivier
by Kárkemis was, wat Nebukadrésar, die koning van Babel, verslaan het in die vierde jaar van
Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda-
Jer 46:3 Hou die klein en die groot skild klaar, en kom aan na die geveg!
Jer 46:4 Span die perde in, en klim op, o ruiters! En staan reg, met die helms op; maak blink die
spiese, trek die pantsers aan.
Jer 46:5 Waarom sien ek-hulle is verslae, hulle wyk agteruit? Ja, hulle helde is verslaan en vlug
al verder sonder om om te draai. Daar is skrik rondom, spreek die HERE.
Jer 46:6 Die wat gou is, kan nie ontvlug nie, en die held kan nie ontkom nie; teen die noorde, aan
die kant van die Eufraatrivier, het hulle gestruikel en geval.
Jer 46:7 Wie is dit wat daar oprys soos die Nyl, waarvan die waters klots soos strome?
Jer 46:8 Egipte rys op soos die Nyl en sy waters klots soos strome; en hy sê: Ek sal optrek, die
aarde oordek, ek wil die stad verwoes en die wat daarin woon.
Jer 46:9 Trek op, perde, en raas, waens! En laat die helde uittrek: Kusiete en Putéërs wat die
skild hanteer, en Ludiete wat die boog hanteer en span.
Jer 46:10 Maar dié dag behoort aan die Here HERE van die leërskare, 'n dag van wraak, om
wraak te neem op sy teëstanders; en die swaard sal verslind en versadig en dronk word van hulle
bloed; want die Here HERE van die leërskare het 'n slagoffer in die Noordland, by die
Eufraatrivier.
Jer 46:11 Gaan op na Gílead en gaan haal balsem, o jonkvrou, dogter van Egipte! Tevergeefs
vermenigvuldig jy medisyne, daar is geen genesing vir jou nie.
Jer 46:12 Die nasies het van jou skande gehoor en die aarde is vol van jou geskreeu; want held het
gestruikel teen held, hulle altwee het saam geval.
Jer 46:13 Die woord wat die HERE tot die profeet Jeremia gespreek het aangaande die koms van
Nebukadrésar, die koning van Babel, om Egipteland te verower.
Jer 46:14 Verkondig dit in Egipte en laat dit hoor in Migdol; ja, laat dit hoor in Nof en in
Tagpánhes. Sê: Staan reg, en maak jou klaar, want die swaard het verslind wat rondom jou is.
Jer 46:15 Waarom is jou ruitery neergewerp? Dit het nie bly staan nie, omdat die HERE dit
omgestoot het.
Jer 46:16 Hy het baie laat struikel, ja, die een val oor die ander, sodat hulle gesê het: Staan
op en laat ons teruggaan na ons volk en na die land van ons geboorte weens die verdrukkende swaard.
Jer 46:17 Hulle het daar geroep: Farao, die koning van Egipte, is oorlogsrumoer; hy het die
bepaalde tyd laat verbygaan.
Jer 46:18 So waar as Ek leef, spreek die Koning, wie se Naam is HERE van die leërskare, daar sal
sekerlik een kom soos Tabor onder die berge en soos Karmel by die see.
Jer 46:19 Maak vir jou toebereidsels om in ballingskap te gaan, o inwoner, dogter van Egipte; want
Nof sal 'n woesteny word en dit sal verniel word, sonder inwoner wees.
Jer 46:20 Egipte is 'n pragtige vers; 'n steekvlieg kom, dit kom van die noorde af.
Jer 46:21 Ook is haar huurtroepe daar by haar soos kalwers uit die stal; maar hulle het ook
omgedraai, almal saam gevlug, hulle het nie bly staan nie; want die dag van hulle ondergang het oor
hulle gekom, die tyd van hulle besoeking.
Jer 46:22 Haar geluid is soos van 'n slang wat wegseil; want met 'n leërmag trek hulle
en kom na haar met byle soos houtkappers.
Jer 46:23 Hulle kap haar bos om, spreek die HERE; want hulle is onberekenbaar: want hulle is meer
as sprinkane, sodat 'n mens hulle nie kan tel nie.
Jer 46:24 Die dogter van Egipte staan beskaamd; sy is oorgegee in die hand van die volk uit die
Noorde.
Jer 46:25 Die HERE van die leërskare, die God van Israel, sê: Kyk, Ek doen besoeking oor Amon
van No en oor Farao en Egipte en sy gode en sy konings, ja, oor Farao en die wat op hom vertrou;
Jer 46:26 en Ek sal hulle oorgee in die hand van die wat hulle lewe soek, en in die hand van
Nebukadrésar, die koning van Babel, en in die hand van sy dienaars. Maar daarna sal dit bewoon word
soos in die dae van die voortyd, spreek die HERE.
Jer 46:27 Maar jy, my kneg Jakob, wees nie bevrees nie; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want
kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou kroos uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal
terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom verskrik.
Jer 46:28 Jy, o my kneg Jakob, wees nie bevrees nie, spreek die HERE, want Ek is met jou. Want Ek
sal 'n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; maar aan jou sal Ek geen einde
maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.
Jer 47:1 Die woord van die HERE wat aangaande die Filistyne tot die profeet Jeremia gekom het
voordat Farao Gasa verslaan het.
Jer 47:2 So sê die HERE: Kyk, die waters rys op uit die noorde en hulle sal 'n oorlopende
stroom word; ja, hulle oorstroom die land en sy volheid, die stad en die wat daarin woon; en die
mense sal skreeu, en al die inwoners van die land sal huil,
Jer 47:3 weens die stampgeluid van sy perde se pote, weens die geraas van sy waens, die gedreun
van sy wiele. Die vaders kyk nie om na die kinders nie-so slap is die hande-
Jer 47:4 weens die dag wat kom om al die Filistyne tot niet te maak, om van Tirus en Sidon die
laaste een uit te roei wat kan help; want die HERE maak die Filistyne tot niet, die oorblyfsel van
die eiland Kaftor.
Jer 47:5 'n Kaal plek het op Gasa gekom; Askelon is vernietig, die oorblyfsel van hulle dal.
Hoe lank sal jy jou stukkend kerwe?
Jer 47:6 Wee, swaard van die HERE, hoe lank sal jy geen rus hê nie? Keer terug in jou skede, rus
en wees stil.
Jer 47:7 Hoe sou dit rus hê, terwyl die HERE daaraan bevel gegee het teen Askelon en teen die
seekus? Daar het Hy dit bestel.
Jer 48:1 Oor Moab. So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Wee oor Nebo, want dit
is verwoes; Kirjatáim staan beskaamd, dit is ingeneem; die rotsvesting is beskaamd en verskrik.
Jer 48:2 Uit is dit met die roem van Moab; in Hesbon het hulle onheil teen hom bedink en gesê:
Kom laat ons hom uitroei, dat hy geen nasie meer is nie. Ook jy, Madmen, sal verwoes word, die
swaard sal jou agtervolg.
Jer 48:3 Hoor! Geskreeu uit Horonáim: verwoesting en 'n groot vernieling.
Jer 48:4 Moab is verbreek; sy kleintjies laat 'n geskreeu hoor.
Jer 48:5 Want die hoogte van Luhit gaan hulle op met geween by geween; want aan die hange van
Horonáim het hulle angsgeskreeu van verbreking gehoor.
Jer 48:6 Vlug, red julle lewe, en word soos 'n kaal bos in die woestyn!
Jer 48:7 Want omdat jy vertrou het op jou handelinge en op jou voorrade, sal jy ook ingeneem word;
en Kamos sal uittrek in ballingskap, sy priesters en sy vorste almal saam.
Jer 48:8 En die verwoester sal kom oor elke stad, sodat geen stad sal vryraak nie; en die dal sal
te gronde gaan, en die gelyk veld sal verwoes word, soos die HERE gesê het.
Jer 48:9 Gee vlerke aan Moab, want hy sal moet wegvlieg; en sy stede sal 'n woesteny word,
sonder dat daar iemand in woon.
Jer 48:10 Vervloek is hy wat nalatig is om die werk van die HERE te doen; ja, vervloek is hy wat
sy swaard van bloed terughou!
Jer 48:11 Moab was gerus van sy jeug af en het stil gelê op sy afsaksel, sonder dat hy leeggemaak
is van vat in vat: hy het nie in ballingskap gegaan nie; daarom het sy smaak in hom gebly en sy geur
nie verander nie.
Jer 48:12 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek aftappers na hom sal stuur wat hom
sal aftap en sy vate sal leegmaak en sy kruike stukkend slaan.
Jer 48:13 En Moab sal beskaamd staan deur Kamos, soos die huis van Israel beskaamd gestaan het
deur Bet-el waar hulle op vertrou het.
Jer 48:14 Hoe kan julle sê: Ons is helde en manne bekwaam om te veg?
Jer 48:15 Moab is verwoes, en hulle het opgegaan in sy stede, en sy beste jongmanne het afgegaan
om geslag te word, spreek die Koning wie se Naam is HERE van die leërskare.
Jer 48:16 Die ondergang van Moab is naby om te kom, en sy onheil is baie haastig.
Jer 48:17 Beklaag hom, almal wat rondom hom is en almal wat sy naam ken! Sê: Hoe is die sterk
staf, die sierlike stok gebreek!
Jer 48:18 Kom af uit jou heerlikheid, en sit in die dorsland, o inwoner, dogter van Dibon! Want
die verwoester van Moab het teen jou opgetrek, hy het jou forte verwoes.
Jer 48:19 Gaan staan op die pad, en kyk uit, o inwoner van Aroër! Vra vir hom wat vlug en vir
haar wat ontkom; sê: Wat het gebeur?
Jer 48:20 Moab staan beskaamd, want hy is verslae. Huil en skreeu, verkondig dit by die Arnon dat
Moab verwoes is!
Jer 48:21 Ja, 'n oordeel het gekom oor die land van die gelykte, oor Holon en oor Jahas en
oor Mefáät,
Jer 48:22 en oor Dibon en oor Nebo en oor Bet-Diblatáim,
Jer 48:23 en oor Kirjatáim en oor Bet-Gamul en oor Bet-Meon,
Jer 48:24 en oor Kérijot en oor Bosra, ja, oor al die stede van die land Moab, die wat ver en die
wat naby is.
Jer 48:25 Die horing van Moab is afgekap en sy arm is verbreek, spreek die HERE.
Jer 48:26 Maak hom dronk, omdat hy hom groot gehou het teen die HERE, sodat Moab neerslaan in sy
uitbraaksel en hy self ook 'n belagging word.
Jer 48:27 Want was Israel vir jou nie 'n bespotting nie? Of is hy onder die diewe betrap, dat
jy die hoof geskud het so dikwels as jy van hom gespreek het?
Jer 48:28 Verlaat die stede en gaan woon in die rots, inwoners van Moab! En word soos 'n duif
wat sy nes maak oorkant die opening van die afgrond.
Jer 48:29 Ons het van die trotsheid van Moab gehoor-hy is baie trots! -van sy hoogheid en sy
trotsheid en sy hoogmoed en die verheffing van sy hart.
Jer 48:30 Ek ken sy grimmigheid, spreek die HERE, en sy onbehoorlike grootpratery; onbehoorlik het
hulle gehandel.
Jer 48:31 Daarom sal ek oor Moab huil, ja, oor die hele Moab dit uitskreeu; oor die manne van
Kir-Heres sug hulle.
Jer 48:32 Bo die geween van Jaéser sal ek jou beween, o wingerdstok van Sibma! Jou ranke het
gegaan oor die see, tot by die see van Jaéser het hulle gekom-die verwoester het jou somervrugte en
jou druiwe-oes oorval.
Jer 48:33 Daarom is vreugde en gejuig weggeneem uit die land van tuine en uit die land Moab, en Ek
het die wyn uit die parskuipe laat verdwyn; hulle sal dit nie trap met vreugdegeroep nie; die
vreugdegeroep sal geen vreugdegeroep wees nie.
Jer 48:34 Weens die geskreeu van Hesbon tot by Eleále, tot by Jahas het hulle hul stem verhef,
van Soar af tot by Horonáim, Eglat-Selísia; want ook die waters van Nimrim sal 'n woesteny
word.
Jer 48:35 En Ek sal in Moab 'n einde maak, spreek die HERE, aan hom wat op die hoogte offer
en rook laat opgaan vir sy god.
Jer 48:36 Daarom klaag my hart oor Moab soos fluite, ja, my hart klaag oor die manne van Kir-Heres
soos fluite; omdat die oorwins wat hulle verwerf het, verlore gegaan het.
Jer 48:37 Want al die hoofde is kaal en al die baarde is afgeskeer; op al die hande is snye en om
die heupe is 'n roukleed.
Jer 48:38 Op al die dakke van Moab en op sy pleine is net rouklag, want Ek het Moab verbreek soos
'n ding waar 'n mens geen behae in het nie, spreek die HERE.
Jer 48:39 Hoe is hy verslae! Hulle huil. Hoe het Moab die rug gedraai met skaamte! So sal Moab dan
vir almal wat rondom hom is, 'n belagging en 'n verskrikking word.
Jer 48:40 Want so sê die HERE: Kyk, hy sal vlieg soos 'n arend en sal sy vleuels oor Moab
uitsprei.
Jer 48:41 Die stede is ingeneem, en die bergvestings is verower; en die hart van die helde van
Moab sal in dié dag wees soos die hart van 'n vrou wat in nood is.
Jer 48:42 En Moab sal verdelg word, dat hy geen volk meer is nie, omdat hy hom groot gehou het
teen die HERE.
Jer 48:43 Die skrik en die kuil en die strik oor jou, o inwoner van Moab, spreek die HERE.
Jer 48:44 Hy wat vlug vir die vrees, sal val in die kuil; en hy wat uit die kuil klim, sal gevang
word in die net; want Ek sal oor hom, oor Moab, bring die jaar van hulle besoeking, spreek die HERE.
Jer 48:45 In die beskutting van Hesbon staan vlugtelinge sonder krag; want 'n vuur het
uitgegaan uit Hesbon en 'n vlam uit die huis van Sihon, en het die slape van die hoof van Moab
en die skedel van die rumoermakers verteer.
Jer 48:46 Wee jou, Moab! Die volk van Kamos is verlore; want jou seuns is weggeneem as gevangenes
en jou dogters in gevangenskap.
Jer 48:47 Maar aan die einde van die dae sal Ek die lot van Moab verander, spreek die HERE. Tot
sover die oordeel van Moab.
Jer 49:1 Oor die kinders van Ammon. So sê die HERE: Het Israel geen kinders nie? Het hy geen
erfgenaam nie? Waarom het Milkom Gad uit sy besitting verdrywe en woon sy mense in die stede
daarvan?
Jer 49:2 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek teen Rabba van die kinders van Ammon
oorlogsgeskreeu sal laat hoor, en dit sal word 'n woeste puinhoop, en sy onderhorige plekke sal
met vuur verbrand word; dan sal Israel die wat hom in besit geneem het, in besit neem, sê die HERE.
Jer 49:3 Huil, o Hesbon, want Ai is verwoes; skreeu, o dogters van Rabba! Omgord julle met
rouklere, hef 'n rouklag aan en swerf rond tussen die klipmure; want Milkom sal in ballingskap
gaan, sy priesters en sy vorste almal saam.
Jer 49:4 Wat roem jy op die dale, op die oorvloed van jou dal, o afkerige dogter, wat op jou
voorrade vertrou en sê: Wie sal aan my kom?
Jer 49:5 Kyk, Ek bring vrees oor jou vir almal wat rondom jou is, spreek die Here HERE van die
leërskare; en julle sal weggedryf word, elkeen reg voor hom uit, sonder dat iemand die swerwelinge
vergader.
Jer 49:6 Maar daarna sal Ek die lot van die kinders van Ammon verander, spreek die HERE.
Jer 49:7 Oor Edom. So sê die HERE van die leërskare: Is daar geen wysheid meer in Teman nie?
Ontbreek raad by die verstandiges? Is hulle wysheid uitgeput?
Jer 49:8 Vlug, draai om, skuil diep weg, o inwoners van Dedan! Want Ek het die ondergang van Esau
oor hom gebring, die tyd dat Ek oor hom besoeking doen.
Jer 49:9 As daar druiwesnyers na jou kom, sal hulle geen na-oes laat oorbly nie; of diewe in die
nag-hulle sal verniel totdat hulle genoeg het.
Jer 49:10 Want Ek het Esau ontbloot, Ek het sy skuilplekke oopgemaak, sodat hy hom nie kan
wegsteek nie; sy geslag is verwoes, ook sy broers en sy bure, en hy is daar nie.
Jer 49:11 Laat jou wese agterbly, en Ék sal hulle in die lewe hou, en laat jou weduwees op My
vertrou.
Jer 49:12 Want so sê die HERE: Kyk, hulle wat eintlik die beker nie moes drink nie, moet sekerlik
drink; en jy, sou jy heeltemal ongestraf bly? Jy sal nie ongestraf bly nie, maar sekerlik drink.
Jer 49:13 Want Ek het by Myself gesweer, spreek die HERE, dat Bosra 'n voorwerp van
verbasing, van smaad, 'n woestheid en 'n vervloeking sal word; en al sy stede sal ewige
puinhope wees.
Jer 49:14 Ek het 'n tyding van die HERE gehoor, en 'n boodskapper is gestuur onder die
nasies om te sê: Versamel julle en kom aan teen hom en maak julle gereed vir die oorlog.
Jer 49:15 Want kyk, Ek het jou klein gemaak onder die nasies, verag onder die mense.
Jer 49:16 Jou vreeslikheid het jou bedrieg, die vermetelheid van jou hart, o jy wat woon in die
rotsklowe, jy wat die top van die heuwel in besit hou! Al maak jy jou nes so hoog soos die
arend-daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die HERE.
Jer 49:17 So sal Edom dan 'n voorwerp van verbasing word; elkeen wat by hom verbytrek, sal
hom verbaas en spot oor al sy plae.
Jer 49:18 Soos die omkering van Sodom en Gomorra met hulle bure, sê die HERE, sal daar niemand
woon en geen mensekind daar vertoef nie.
Jer 49:19 Kyk, soos 'n leeu uit die pronkbosse van die Jordaan sal daar een optrek teen die
vaste woning; want in 'n oomblik sal Ek hulle daaruit wegjaag; en hom wat uitgekies is, sal Ek
daaroor aanstel. Want wie is soos Ek? En wie sal My dagvaar? En wie is tog 'n herder wat voor
my aangesig kan standhou?
Jer 49:20 Daarom, hoor die raadsbesluit van die HERE wat Hy teen Edom geneem en sy planne wat Hy
teen die inwoners van Teman beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word;
waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.
Jer 49:21 Van die geluid van hulle val bewe die aarde; daar is 'n geskreeu-by die Skelfsee
word die geluid daarvan gehoor.
Jer 49:22 Kyk, een sal opstyg en vlieg soos 'n arend en sy vlerke oor Bosra uitsprei; en die
hart van die helde van Edom sal in dié dag wees soos die hart van 'n vrou wat in nood is.
Jer 49:23 Oor Damaskus. Beskaamd staan Hamat en Arpad, want hulle het slegte tyding gehoor; hulle
beweeg, soos die see, in bekommernis, dit kan nie rus nie.
Jer 49:24 Damaskus is ontmoedig, hy het omgedraai om te vlug, en skrik het hom aangegryp;
benoudheid en weë soos van een wat baar, het hom aangegryp.
Jer 49:25 Hoe is die roemryke stad nie verlaat nie, die vesting van my vreugde!
Jer 49:26 Daarom sal sy jongmanne val op sy pleine, en al die krygsmanne in dié dag omkom, spreek
die HERE van die leërskare.
Jer 49:27 En Ek sal 'n vuur aansteek in die muur van Damaskus, en dit sal die paleise van
Bénhadad verteer.
Jer 49:28 Oor Kedar en oor die koninkryke van Hasor wat Nebukadrésar, die koning van Babel,
verslaan het. So sê die HERE: Maak julle klaar, trek op teen Kedar, en verdelg die kinders van die
Ooste.
Jer 49:29 Hulle sal hulle tente en kleinvee wegvoer, hulle tentdoeke en al hulle huisraad en hulle
kamele meeneem, en oor hulle uitroep: Skrik rondom!
Jer 49:30 Vlug, vlug haastig, skuil diep weg, o inwoners van Hasor, spreek die HERE; want
Nebukadrésar, die koning van Babel, het 'n besluit teen julle geneem en 'n plan teen
julle beraam.
Jer 49:31 Maak julle klaar, trek op teen 'n sorgelose nasie wat in gerustheid woon, spreek
die HERE, wat geen poorte of grendel het nie, wat alleen woon.
Jer 49:32 En hulle kamele sal 'n roof en die menigte van hulle vee 'n buit wees; en Ek
sal hulle verstrooi na al die windstreke, die wat aan die rand hulle hare wegskeer; en Ek sal hulle
ondergang van alle kante aanbring, spreek die HERE.
Jer 49:33 En Hasor sal word 'n lêplek van jakkalse, 'n wildernis tot in ewigheid;
niemand sal daar woon nie, en geen mensekind sal daar vertoef nie.
Jer 49:34 Die woord van die HERE wat tot die profeet Jeremia gekom het oor Elam, in die begin van
die regering van Sedekía, die koning van Juda, naamlik:
Jer 49:35 So sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek verbreek die boog van Elam, die keur van
hulle krag.
Jer 49:36 En Ek sal vier winde uit die vier hoeke van die hemel oor Elam aanbring en sal hulle na
al hierdie windstreke verstrooi; en daar sal geen nasie wees waar die verjaagdes van Elam nie sal
kom nie.
Jer 49:37 En Ek sal Elam verskrik voor hulle vyande en voor die wat hulle lewe soek, en Ek sal
onheil oor hulle bring, die gloed van my toorn, spreek die HERE; en Ek sal die swaard agter hulle
aan stuur totdat Ek hulle vernietig het.
Jer 49:38 En Ek sal my troon in Elam vestig, en sal koning en vorste daaruit tot niet maak, spreek
die HERE.
Jer 49:39 Maar aan die einde van die dae sal Ek die lot van Elam verander, spreek die HERE.
Amen
Waarheid uit die Woord van die HERE (1953)
Van n seun van die HERE
Hendrik van den Berg
Fraai Uitsig
Posbus 2127
Mosselbaai.
6500.
---