Fw: (27) Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar ni e.

From: Date: Wed, 29 Oct 2008 05:01:42 +0000
Subject: Fw: (27) Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar ni e.
Groups: php.webmaster 
Request: Send a blank email to php-webmaster+get-2926@lists.php.net to get a copy of this message
Geagte Vriend. Sondag, Oktober 26, 2008 Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. Handelinge 20:29 Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Sefanja 3:3 Sy vorste binne-in hom is brullende leeus; sy regters is aandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie. Mattheus 7:15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Mattheus 10:16 Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe. Lukas 10:3 Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe. Johannes 10:12 Maar die huurling en hy wat nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar. 2Petrus 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en 'n vinnige verderf oor hulleself bring; Jeremia 13:20 Hef jou oë op, en aanskou die wat uit die noorde kom. Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige trop kleinvee? Jeremia 23:1 Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die HERE. Esegiël 34:2 Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: So spreek die Here HERE: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie? Esegiël 34:3 Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie; Sagaria 11:17 Wee die slegte herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister word! Amen Jeremia 22:1 So sê die HERE: Gaan af in die huis van die koning van Juda en spreek daar hierdie woord Waarheid uit die Woord van die HERE (1953) Van n seun van HERE Hendrik van den Berg Fraai Uitsig Posbus 2127 Mosselbaai. 6500. ---

« previous php.webmaster (#2926) next »